Santander | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 43°27′46″N 3°48′18″W / 43.46278°N 3.80500°W | |
Land | Spanje |
Outonome Gemeenskap | Cantabrië |
Stigting | 26 v.C. |
Oppervlak | |
• Totaal | 35 km2 (14 vk. myl) |
Hoogte | 15 m (49 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 178 465 |
Webwerf | Amptelike webwerf |
Santander (uitgespreek [santanˈder]) is 'n stad in noordelike Spanje wat langs die Golf van Biskaje geleë is. Tydens die Romeinse Ryk is Santander bekend as Portus Victoriae Iuliobrigensium.[1] Vandag is die stad die hoofstad van die Outonome Gemeenskap Cantabrië. Dit is wes van Bilbao geleë en het 'n bevolking van 178 465 in 2013 gehad.